testimonials
True stories from
the Stellenbosch community
What our Stellenbosch residents say
Vanaf Dr. Bezuidenhout
“Die Stellenbosch Wag speel ‘n belangrike rol in die bekamping van toenemende misdaad in Stellenbosch. Hulle patrolleer die strate van die dorp gereeld, dag en nag, in samewerking met die Stellenbosch-polisie. Stellenbosch Wag is ook toegerus om die kameras wat rondom strate van privaatwonings en besighede is te monitor, 24 uur per dag.
Studente buite die kampus, wat nie direk deur Stellenbosch Wag gedek word nie, trek ook voordeel hieruit weens die voorkoming van inbrake by hul motors en huisvesting. Afsprake met Stellenbosch Wag oor die aankoms of vertrek van inwoners op ongewone tye word altyd getrou nagekom.
Die bestuur van Stellenboschwag is in bekwame hande, en hulle patrolleer gereeld, dag en nag.”
'n Riem onder die hart!
Die volgende uitreksel kom van ‘n epos wat die Stellenbosch Wag kantoor op 16 Julie bereik het.
Dit spreek vanself:
“Ons was Vrydag aand om 12 Julie 22h00 betrokke by die Uber insident (ontvoering en gewapende roof) wat afgespeel het in die omtrek van Jonkerspark, Caltex motorhawe (Bottelary pad) en Krommerhee pad. Onder andere het u spoedige dienste en betrokkenheid ook gehelp dat ons nare ondervinding ons veilig laat voel het en ook my selfoon help opspoor het. Vanaand stuur ek hierdie e-pos met n hart wat klop, my man wat hier sit en my twee pragtige dogtertjies wat ongedeerd hier van af gekom het. Vanaand is ek dankbaar en ek weet van die ongelooflike werk wat julle doen in ons gemeenskap en die vertroue wat julle weer herstel in ons alledaagse lewe en sekuriteit. Dankie……
Mag ek vra dat ons weer mag aansluit by julle dienste. Stuur asb. besonderhede en papierwerk aan.
Lekker aand verder
Groete, Tammy Jensen”
Security and policing against crime
“To Whom It May Concern
I highly recommend Stellenbosch Watch for security and policing against crime.
I received serious deliberate threats from a person and found myself in quite a predicament of being harassed with extreme threats of violence. When I contacted Stellenbosch Watch, their response was nothing short of brilliant service delivery. Their efficiency and proficiency is unparalleled. It is obvious that they take security very serious. They also went the extra mile by working, successfully, in collaboration with the South African Police Service.
Subsequent requests regarding other general public safety was also dealt with proficiently. I cannot put a price on feeling safe. Stellenbosch Watch assures thát peace of mind.
Regards Daisy”
Louiesenhof Boerdery
“Beste Reinhard en Santie,
Ek wil net namens Louiesenhof weereens vir julle almal baie, baie dankie se vir die afgelope 4 jaar se uitmuntende, vriendelike en volgehoue diens. Van die beheerkamer tot by die wagte is altyd hoflik en behulpsaam. Totdat julle begin het om betrokke te wees, was die diefstal syfer skokkend hoog en na drie maande het die statistiek gedaal na 2 voorvalle per jaar. Julle vinnige optredes wanneer daar wel voorvalle was het gelei tot suksesvolle arrestasies. Die grootste bonus was egter toe julle alarms begin installeer en diens het op al ons plase. Alles maklik met net een oproep. Vriendelike groete en dra asseblief ons dank aan almal in jul span oor.”

